Click Blocker Tracking
We use cookies to improve your experience on this website. Read More Allow Cookies

STEM Projekte: Graad 3

Download a free sample of STEM projekte box - Graad 3 here.

Kan jy jou ’n wêreld vol innoverende, bedagsame probleemoplossers indink wat goed met mekaar kan kommunikeer en met mekaar saamwerk?

Wat van ’n wêreld waar behoeftes aangespreek, probleme opgelos en volhoubare besluite geneem word?

Sal so ’n wêreld nie fantasties wees nie?

Die STEM-projekreeks bied aan leerders die geleentheid om Wetenskaplike vaardighede, Ontwerp en Tegnologiese vaardighede, Wiskundige vaardighede asook hul algemene vermoëns te ontwikkel terwyl hul aan kort- en langtermynprojekte werk. Die reeks moedig leerders aan om ’n deurlopende ontwerpproses te volg wat die volgende vaardighede insluit: Vind Inligting Uit, Beplanning en Ontwerp, Skep, Evalueer en Kommunikeer.

Leerders werk in klein groepe en oefen om effektief met ander saam te werk en te kommunikeer in die proses om ’n innoverende oplossing op ’n gegewe opdrag te beplan, dit te ontwerp, die produk te skep en uiteindelik te evalueer. Wanneer die leerders tevrede met hul oplossings is, vertoon en bespreek hulle hul ontwerpe en verduidelik hoe Wetenskaplike denke- en vaardighede deurlopend in hul projek gebruik is.

 

Die STEM-projekreeks sluit die volgende in:
  • twee inleidende kaarte wat STEM-opvoeding verduidelik; voorgestelde tydstoekenning vir die gebruik van die kaarte; wenke vir beplanning, differensiëring, onderrig en assessering van STEM-projekte, sowel as voorstelle vir klaskamer- en hulpbronbestuur;
  • een kaart wat elke stap van die ontwerpproses in kindervriendelike taal met behulp van ikone verduidelik;
  • een kaart wat die Natuurwetenskap-begrippe omskryf en aandui hoe die projekte by Ontwerp en Tegnologie, Digitale tegnologie en Wiskundige vaardighede aansluit. Hierdie kaart bevat ook ’n oorsig van elke projek in die spesifieke kategorie, insluitende die taak en die materiaal wat vir elke projek benodig word. Die ses korttermynprojekte en een langtermynprojek word vir elke Natuurwetenskap-begrip aangedui; en
  • ses afskrifte van elke kaart vir die fasilitering van kleingroep-werk, 28 individuele kaarte per boks.

 

Graad 3 is a direct translation of the innovative Year 2 English version. Note that the box colour differs. 

No reviews have been added for this product yet.

Write a review